A few days ago, C. (the man of the generous heart), wrote from Berlin to tell me how he'd learnt that Jean Rocher had died. So beautiful.
Ek het so hele klompie jare gelede in die Aurora Handelshuis gevra na beskuit. Toe sê hulle ek moet vir Elna loop vra. Ek ry soos hulle verduidelik het, op by die bult, die laaste huis aan die linkerkant. Regoor die huis, aan die regterkant van die pad, is 'n groot skuur met karre en wrakke en engins wat orals binne en buite rondstaan. Uit die skuur kom 'n man flink aangestap en hy vra my wat ek soek. Beskuit, sê ek.
Saam stap ons na die groot Victoriaanse huis se voordeur, die mechanic en ek, hy maak oop en bulder af by die gang: Elna! Nog 'n keer: Elna! 'n Vrouestem: Ja? Mechanic: Kom hier!
Sy kom, en bring beskuit, ons gesels, ek koop. Tussendeur maak ek 'n kommentaar oor die mooi ou huis, die ou meubels, en die portrette teen die muur.
Hier hang hulle, die dooies! Wie's dit?, vra ek, effens uit die veld geslaan. Die Rocher familie van St. Helenafontein. Ek praat met een van die seuns. Wow, Rocher, ek ken vir oom Jean Rocher, sê ek. Ja, ons het hom nounet laasweek begrawe!
En dit is hoe ek toe geleer het van die dood van een van die helde in my lewe. Nie dat hy noodwendig my held was nie. Ek het onsettend baie van hom gehou, maar hy was eintlik maar almal se held. 'n Man wat volgens sy eie reëls gelewe het, met soveel passie en 'n fyngevoel wat regtig raar is op die SA platteland. Ek mis hom.
Ek dink die eerste vrou se naam was Käthe. Sy was maar 'n bietjie van 'n hermit, altyd in die huis, gordyne toe. So eenvoudige opstal op die rand van die Sandveld, in daai jare. Dit was seker nie maklik nie, sy het seker maar 'n bietjie mal geraak. En een of ander tyd geloop. Om plek te maak vir die perskebloeiseltjie, die buurvrou.
O ja, voor ek vergeet. Hy is wel beroemd as teler van spogperde, maar belangrik is om te verstaan hoe die woord uit sy mond gekom het. Met 'n swaar Sandveld brei, pêhrre.
Pêhrremense.
C.'s family are also
Pêhrremense. Horse People. The tin rondavels above are on Jean Rocher's farm Duinefontein, near Velddrif.
We stayed there a few times in our twenties. One time in particular stands out indelible and bright.
I remember we left town quite late one saturday morning. For sustenance in the car we had ginger snaps, a bottle of Old Brown Sherry, and maybe a joint. The sandy farm road combined with a loose plate under our little Mazda 323 acted as a spade and we got stuck in a drift. We walked to the rondavels to get help from our friends.
Halfway there, against the horizon of sand dunes and purple heather, a lone white horse stood watching us. I remember C. warning me about the skittish nature of horses - Arabians in particular, but I felt fearless. One horse soon became three. They were inquisitive and gentle, and exquisite. To say that they were well-groomed would be an understatement. It was as if they'd just been to the salon. Blow waved. Delicious smelling.
I only met Jean Rocher the one time. He wore a deerstalker, which he tipped when he said good afternoon. Shy and twinkly-eyed. I never did meet his Peach Blossom.